KOL 1:10 ..... sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, ....





Deur Water en Gees

Die meeste lede van kerke van vandag is nie Christene per definisie van die Bybel nie. Hulle is nie gebore uit Water en Gees nie.

“Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.“

Die Bybel moet gehoorsaam word en as die predikers se leer in teenstryd is met die Bybel is, moet die Bybel bo die opinie van die predikers gestel word. Ek weet U het al mense hoor se ”Ek het n Christen geword op so en so n dag, ek onthou dit goed, ek het gebid en toe is ek weergebore” OF “Ek het op die stoep gesit en Jesus aangeneem as my persoonlike verlosser en toe is ek weer gebore”

Is dit skriftturlik?

Nee,………niemand in die Bybel was ooit aangese om Jesus in hulle hart in te laat nie.
In die lewe vra ons dikwels vir onself vrae soos:
• Wat gaan ek doen as ek uit die skool uit kom?
• Wat gaan ek doen as ek klaar gestudeer het?
• Wat gaan ek doen as ek aftree?
• Wat gaan ek doen as die kinders die huis verlaat?

Daar is een ander vraag wat ons behoort te vra – wat gaan ek doen as ek sterf? Veral as jy nog nie die vraag -- hoe word ek n Christen – beantwoord het nie.

NIEMAND, NIEMAND word n Christen behalwe op God se manier nie.

Die doel van hierdie skrywe is om die waarheid van God se Woord met U te deel oor hierdie lewensbelangrike saak. Die waarheid is - niemand word n Christen deur Jesus as hulle persoonlike verlosser aan te neem nie. - As U besluit het om Jesus aan te neem as U persoonlike verlosser – Goed – maar nou waarom doen U nie nou wat die Bybel se nie?

Die Bybel se vir ons dat daar mense sal wees wat totaal mislei sal wees in hierdie opsig. In Matheus 7 het Jesus net klaar gepraat oor die valse profete:

Mat 7:15 “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.” En vers 20 “So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.”

Kom ons doen n “vrugte toets”. Eerstens moet U erken dat daar valse profete kan wees. U moet versigtig wees want Jesus se U moet wees “Mat 7:15 Maar pas op vir die valse profete…..”

Sommige mense is baie oortuigend maar dit is nie wat hulle se wat belangrik is nie maar wat wel belangrik is is of hulle die wil DOEN van die Vader. Hoe sal ons dan weet? Neem U Bybel om dit wat hulle se en dit wat ek se op die proef te stel en te sien wat die wil van die Vader is.

Matt 7:22 “Baie sal in daardie dag (die dag van Oordeel) vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid (In die Engels is dit ‘Lawlessness’) werk! "

Kom ons analiseer die skrifgedeelte. Eerstens, (v 22) baie mense sal in daardie dag bely dat hulle In Jesus geglo het. Dit is duidelik dat hulle geglo het want hulle noem Hom ‘Here’. Het hierdie mense van vers 22 baie werke in Sy Naam gedoen? Het hulle wonderwerke verrig? Het hulle duiwels uitgedrywe? Die antwoord is JA.
Nou vers 23 – lees dit vir uself – “Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid (Meer korrek in Engels ‘Lawlessness’) werk!

Was hulle gered?

Nee, want hulle het nie die Wil of die wet (law) van God gevolg nie. Hulle het nie Christene geword volgens God se weg nie. Hulle het duidelik gedink dat hulle Christene is – en hulle het werke gedoen. Hulle het selfs wonderwerke verrig. Hulle het selfs duiwels uitgedryf. Hoe? Hulle het beoefen wat in God se Woord staan naamlik “Geloof versit berge” maar hulle was nie gered nie. Dit is duidelik dat hierdie mense geglo het maar dit was nie genoeg nie. Waarom was hulle verbaas? Want……hulle het na die valse profete geluister.

Hulle was nie gered nie want hulle het die leun geglo dat jy net Jesus as jou persoonlike verosser moet aanneem. Dit gaan iets soos die volgende: “Kom vorentoe, as jy jou hart vir die Here wil gee…Kom ons bid saam met my die volgende gebed . … Sluit aan by ons organisasie.…” Wel daar is verskeie maniere maar dit kom alles neer op die volgende doktrine wat se “Al wat jy nodig het is net geloof”
Gaan na Handelinge 17. Onderstreep nou vers 11. En gaan doen dit dan “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. “
Ons kan sien dat dit n eerbare ding in die oe van God is om die skrifte te ondersoek in die soeke na waarheid. As ek vir U sou se dat die manier om gered te word is om Jesus as U persoonlike verloseer aan te neem – dan moet U die skrifte gaan ondersoek om te toets of dit wel so is.

John 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. “

Hierdie vers is gewoonlik die vers wat gebruik word om die “Geloof aleen” doktrine te promofeer. So, al wat U moet doen is om te glo. NEE! U het mos netnou die skrif gelees van mense wat geglo het dat Jesus Here is maar nie gered is nie. Daar is nog n vers wat gebruik word om die “Slegs geloof” doktrine te promofeer.

“Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.”

Daardie vers is so duidelik. As jy glo dat God Jesus uit die dode opgewek het , sal jy gered word.

As ek net na Joh 3:16 en Rom 10:8 in isolasie kyk dan kan ek verstaan waarom sekeres sou redeneer dat net geloof in Jesus U kan red. Maar, daar is nog baie ander skrifte wat handel oor hierdie onderwerp – redding - .

Die rede waarom dit nie genoeg is nie is omrede elke mens in wese n probleem het – maak nie saak waar ons vandaan kom, wat ons geslagslyn is of wat ons ouderdom is nie – ons is almal sondaars.

“Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,”

1 Joh 3:4 se dat sonde n oortreding van die Wet is…

“ Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.”

Die defininisie van sonde is “oorterding van die wet”. Wat is die definisie van misdaad - “oortreding van die wet”. Almal van ons is dus misdadigers in die oe van God. Soveel so dat Rom 6:23 se “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.”
U dink dalk nie aan uself as n misdadiger nie. U se dalk net soos baie misdadigers wat tronk toe moet gaan “Ek is onskuldig”. Maar U moet verstaan dat dit geen verskil maak hoe U uself sien waneer U voor die regter staan nie – wat wel die verskil maak is hoe die regter U sien.
En daar sal n dag van rekenskap wees – n dag waarop n geoordeel sal word. Daardie dag sal dit geen verskil maak hoe U in Jesus geglo het of hoe U Jesus as U verlosser erken het nie, as U voor die regter staan vol sonde – sal U die oordeel vir die sonde ontvang. Rom 6:23 Want die loon van die sonde is die dood….

So, as ons eendag voor die regterstoel staan as gelowiges, as mense wat Jesus Christus bely het, as mense wat groot werke gedoen het, maar het nog enige sonde om voor verantwoording te doen, dan sal ons skuldig verklaar word. Net soos die mense van Mattheus 7.

Wat ek probeer doen is om U te oortuig dat U n sondaar is. Selfs al het U alreeds Uself probeer oortuig dat U nie langer die misdadiger is wat die oordeel moet ontvang net omdat U glo dat U vir Jesus aanvaar het - lees Hebreers 9 aangaande sonde.

Dit is belangrik dat U sal besef dat om in Jesus te glo maak net van U n gelowige sondaar. Of om Jesus te bely maak net van U n beleidende sondaar.
Daar is net een ding wat met sonde afhandel.

“Heb 9:14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien. “

Neem kennis dat dit die bloed van Jesus is wat reining.

Wat U moet verstaan is dat daar geen vergifnis kan plaasvind sonder die bloed van Christus nie. Die gestorte bloed van Jesus bring reiniging en vergifnis. As U n gelowige is – Goed!

Johannes 8:24 se immers “Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe. “

Jesus het gese dat indien U nie glo dat Hy God gemanifisteer in die vlees is nie dat U sal sterf in U sondes.

“Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. “

En dan gaan Johannes aan om te se : “Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. “

En as U dit nie glo nie sal U nooit n Christen kan word nie.

Dit is van kardinale belang dat U dit moet glo. Maar om te glo is nie genoeg nie. Dit is waaroor hierdie boodskap gaan. As n gelowige is U nog steeds in sonde en die enigste ding wat U sonde kan afwas is die bloed van Jesus.

“Mat 26:28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. “

Daar is sekerlik nie n prediker in hierdie land wat dit nie kan verstaan nie. Maar ons kan nie sien hoe hierdie bloed van Jesus toegepas moet word op ons lewe nie. Ek kan n koekie seep in my hand neem en aan U belowe dat indien U skoon hande wil he U net in hierdie koekie seep moet glo. Watter onsin! U moet die seep aanwend om U hande skoon te kan kry. En so is dit met die bloed van Jesus. U moet dit van toepassing maak. HOE? Die Bybel se vir U hoe….

In Handelinge 2, na die dood , begrafnis en opstanding van Jesus Christus, het Jesus vir die apostels aangese om na Jerusalem te gaan en om daar te wag totdat die belofte gemaak aan hulle vervul is. Die belofte was die doping met die Heilge Gees. Petrus was besig om te preek op die dag van die uitstorting van die Heilige Gees - dit is 50 dae na die kruisiging van Jesus.

Handelinge 3:36 – “Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?”

Nou dink U nie dat dit dalk beter sal wees om te luister na wat n man soos Petrus te te sou he oor die onderwerp oor hoe om n Christen te word nie as om na iemand soos n hedendaagse kontemporere prediker te luister nie?

Act 2:38 " En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. "

Petrus het nie gese: Nou kom vorentoe en neem Jesus aan as jou verlosser nie. Hy het ook nie gese dat hulle net moet glo nie.

Waarom het Petrus nie iets gese oor geloof nie? Die antwoord is maklik – die sou nie nodig wees nie. Hierdie mense het alreeds geglo. Baie mense glo alreeds. Onthou - Die duiwels glo ook en hull sidder – Jak 2:19.
Hulle het geloof in Jesus Christus - dat Hy die groot EK IS is wat vlees geword het. Maar nou, volgens vers 38, wat is die eerste ding wat n gelowige te doen staan? ……..Bekering…….

Kom ons staan vir n oomblik stil by die betekenis van bekering. Bekering is seker een van die moeilikste konsepte om te bowe te kom as jy n Christen word omdat jy moet erken dat jy n sondaar is en – jy is verlore.
Dit is n hartseer oor jou eie sonde – n nederigheid – wat veroorsaak dat jy wil omdraai van die pad van sonde.
Maar bekering is ook meer as dit – dit is n verandering van hart – wat lei na n verandering in aksie. Dit is n oorgawe waar jy se “HERE, ek is nie langer die heerser oor my lewe nie maar laat U wil geskied met my.”
Wat ookal U wil ek moet ophou doen, dit gaan ek probeer stop. En HERE, wat ookal U wil he ek moet doen, sal ek probeer doen.” Bekering is die kroon van Jesus in jou lewe en die ontkroning van jouself.
Die tema lied van selfvoldane sondaars is die gewilde lied van Frank Sinatra “I did it my way”. Die tema Lied van n bekeerde sondeer is “ I did it Thy way”.

U sal opmerk hoe min klem gele word op bekering in Judeo Christen Kerke van vandag. Hulle wil graag he dat jy goed moet voel oor jouself – kom vorentoe en neem Jesus aan as JOU persoonlike verlosser. Om n Christen te wees moet jy eerstens glo en nommer twee moet jy bereid wees om die beheer van jou lewe oor te gee. Die Bybel se die ou mens moet sterf - die ou mens met sy sonde moet sterf.
Wat het Petrus nog vir hulle gese om te doen? Hy het gese “Bekeer julle en laat elkeen van julle Gedoop word in die naam van Jesus Christus” Eff 4 se ”Eph 4:5 een Here, een geloof een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.”
Daar is slegs EEN HERE
Daar is slegs EEN Geloof
Daar is slegs EEN VADER
Daar is slegs EEN DOOP - die een waarna Petrus verwys in Hand 2:38

“En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. “

As U die betekenis van die woord “baptism” opkyk in n Bybel Konkordansie dan sal U sien dat die woord Verklaar word as “Baptisto” is. Die Griekse woord vir doop beteken “to Immerse”.
Die Skrif bewys die volgende.

Lees gerus Romeine 6:3-4 “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. “

Hoofstuk 4 praat van doping as “begrawe”. As n dooie persoon begrawe word, word hy geheel en al begrawe. Daar word nie net n bietjie Grond op hom gesprinkel nie.

Nou …wat is die Doel van die doop…In organisasies van vandag word daar baie redes aangegee vir die doel vir doping. In baie groter
organisasies word n babatjies van lidmate gedoop sodat hulle deel kan word van die kerk.
Maar kom ons gaan kyk wat se Petrus in Handelinge 38 “En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. “
Wat was die doel van die doop volgens Petrus? - Die vergewing van sondes.”
Kyk ook na Matheus 26 “Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.”

Tot vergifnis van sondes!

As U n Christen wil word, moet U eerstens glo dat Jesus die seun van God is - die groot EK IS wat vlees geword het en gesterf het vir ons sondes. U moet so sterk glo in hierdie feit dat U bereid moet wees om dit met U mond te bely.

En Dan…..doen dan wat Petrus se in Hand 2: 38 - “Bekeer Julle”. Dit beteken gee U lewe oor aan die HERE en se “nie langer my wil nie Here maar U wil”
“Nie langer wat ek graag WIL glo nie maar Wat U Woord se”
Dit is met ander woorde n oorgee van U eie wil – n sterf in die ou mens. Wat word met n persoon gedoen wat gesterf het?
Hy word begrawe. “Rom 6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. “

Christus het gesterf vir my sondes en Sy bloed was my nou van my vorige sondes. Hy was in n graf weggele en het na 3 dae weer opgestaan. As U n Christen wil word, is dit wat U moet doen. U moet sterf en deur die bad van die doop opstaan in n nuwe lewe. Waarom is dit n nuwe lewe?
Dit is n nuwe lewe omdat die ou mens met sy vorige sondes afgewas is. Die Bybel leer dat die doop die sondes afwas.

Hand 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.