KOL 1:10 ..... sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, ....





Gebed 4

Gebed vir my Volk
HERE, Onse HERE, hoe heerlik is U Naam bo die ganse aarde! Wie kan tog U dieptes peil, of wie kan deurdring tot by U volmaaktheid, o Almagtige?
Waneer U verbyskuiwe en gevange neem en n regsvergadering oproep – wie sal U teehou?
U handel nie onregverdig nie en U die Almagtige verdraai nie die reg nie. U maak arm en U maak ryk, ook verneder en verhoog U en vanwee ons sondes het U ons oorgegee in die hand van ons teestaanders en die het ons in benoudheid gebring. Ons het vermetel gehandel en nie geluister na U gebooie nie, ons het ons nie afgesonder van die nasies en van hul gruwels nie, skandseuns is in ons land, ons dogters hoereer en ons skoondogters bedryf owerspel. Ons het vir onsself n menigte leraars aangestel om ons in die gehoor te streel , ons het ons afgekeer van die Waarheid en ons gewend tot fabels. Ons leiers is verleiers en die volk se pad het hulle n dwaalweg gemaak.
Liewe Vader, ons bely ook dat ons heillose insettinge tot wet gemaak het, ons hou ook vas aan die leer van die Nicolaiete en die leer van Bileam, Isebel leer ons, kinders dryf ons en vroue regeer oor ons. Terwyl ons veronderstel was om te regeer het ons vir ons skatte vergader. Ons is ook meer liefhebbers van genot as liefhebbers van GOD.
Liewe Vader, ons almal het gesondig en dit ontbreek ons aan U heerlikheid. Lankmoedige Vader, wees ons barmhartig en vergewe ons sondes. Ons vra dit in Jesus Naam. AMEN.

Ps 8:2, Job 11:7-10, Neh 9:2, Neh 29:27-29, 1 Sam 2:7, Esra 6:29, Jes 3:12 , Jes 10:2 Hos 4:14, Luk 12:21, Rom 3:23 IITim4:3, Open 2:14, 15, 20