KOL 1:10 ..... sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, ....





Gebed 3

Gebed vir my Volk
Ps 79; Ps 80:4-20; Jes 26:21; Jes 26:9-10
O God, heidene het gekom in U erfdeel, hulle het U heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak. Hulle het die lyke van U knegte aand die voels van die hemel tot spys gegee, die vlees van U gunsgenote aan die wilde diere van die land. Hulle het hulle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe. Ons het vir ons bure n smaad geword, n spot en beskimping vi die wat rondom ons is. Hoe lank Here, sal U vir ewig toornig wees, sal U ywer brand soos n vuur?
Stort U grimmigheid uit oor die heidene, en oor die koningkryke wat U Naam nie aanroep nie. Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes. Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie, laat U barmhartighede ons tegemoet kom want ons is baie swak. Help ons, o God van ons heil , om die eer van U Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van U Naam.
Waarom sal die heidene se: Waar is hulle God? Laat voor ons oe heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van U knegte. Kom uit U plek Here om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek en laat die aarde die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is en die wat op hom gedood is nie langer toedek nie. Met ons siel begeer ons U in die nag; ook met ons gees in ons binneste soek ons U; want as U oordele op aarde is, leer die inwoners van die wereld geregtigheid. Bewys geen genade aan die goddelose nie en leer hulle U geregtigheid want wat onreg is doen hy in die land van reg en hy sien U hoogheid nie. Laat die gesug van die gevangene voor U aangesig kom; laat U kinders die dood ontvlug na die grootheid van U arm.
Vergeld ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U gesmaad het. En ons, U volk en die skape van U weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons U lof vertel. O God, herstel ons en laat U aangesig skyn, soda tons verlos kan word! O Here, God van die leerskare, hoe lank nog rook U toorn by die gebed van U volk? U laat ons tranebrood eet en oorvloedig trane drink U het ons n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure en ons vyande dryf die spot. O God van die leerskare, herstel ons en laat U aangesig skyn sodat ons verlos kan word!
n Wingerdstok het uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en ons geplant. U het voor ons plek gemaak, en ons het wortels geskied en die land gevul. Die berge was oordek met ons skaduwee en met ons ranke U seders. Ons het ons ranke uitgebrei tot by die see en ons lote na die Rivier toe. Waarom het U ons mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan ons kaalpluk? Die wildevark uit die bos eet ons op, en wat roer op die veld we ions af. O God van die leerskare, kom tog terug; aanskou uit die Hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok en wees n beskerming vir wat U regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het. Ons is met vuur verbrand, ons is afgekap; vanwee die dreiging van U aangesig kom ons om. Laat U aangesig wees oor die man van U regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het. Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe dan sal ons U Naam aanroep. O Here, God van die leerskare, herstel ons; laat U aangesig skyn, soda tons verlos kan word!