KOL 1:10 ..... sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, ....





Gebed 2

Gebed vir my Volk
1 Kon 8:23, II Kon 13:23, Ps 51:3
HERE, God van Israel, daar is bo in die Hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierendheid hou van U knegte wat voor U aangesig wandel met hulle hele hart. Wend U dan tot die gebed van U knegte en tot ons smeking. HERE ons God, deur te luister na die geroep en die gebed wat U knegte vandag tot U bid; sodat U oe oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gese het: My Naam sal daar wees. Luister dan na die smeking van U kneg en van U volk Israel wat hulle na U toe sal bid, ja mag U hoor elke gebed na U woonplek, na die Hemel toe, en as U dit hoor, vergewe dan.
As iemand teen sy naaste sondig en hulle hom n eed ople om hom tot self vervloeking te bring en Hy voor U altaar kom sweer, wil U dan hoor in die Hemel en handel en U knegte reg verskaf deur die skuldige skuldig te verklaar en sy wandel op sy hoof te le en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy geregtigheid.
U volk Israel word verslaan voor ons vyand, omdat ons teen U sondig, as ons tot U bekeer en U Naam bely en tot U bid en smeek, wil U dan hoor in die Hemel en die sonde van U volk Israel vergewe en ons terugbring na die land wat U aan ons Vaders gegee het. As die Hemel toegesluit bly, dat daar geen reen is nie, omdat ons teen U sondig, maar ons tot U bid en U Naam bely en ons van ons sonde bekeer, omdat U ons verootmoedig, wil U dan hoor in die Hemel en die sonde van U volk vergewe – want U leer ons die goeie weg wat ons in moet wandel en gee reen op U land wat U aan U volk as erfenis gegee het. HERE U het ander nasies voor ons uit verjaag maar nie ter wille van ons geregtigheid het U ons ingebring om hierdie land in besit te neem nie maar weens die goddeloosheid van hierdie nasies het U hulle voor ons uit verdryf. Ons weet dat U hulle nie voor ons uit verdryf het ter wille van ons geregtigheid nie want ons is n hardnekkige volk.
HERE U was ons genadig en het U oor ons ontferm en U tot ons gewend ter wille van U verbond met Abraham, Isak en Jakob en U het ons nie vernietig en tot nog toe nie van U aangesig weggewerp nie.
Wees ons genadig , o God na U goedertierenheid; delg ons oortredinge uit na die grootheid van U barmhartigheid. Was ons heeltemal van ons ongeregtigheid en reinig ons van ons sonde. Want ons ken ons oortredinge, en ons sonde is altyddeur voor ons. Teen U aleen het ons gesondig en gedoen wat verkeed is in U oe, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
Verberg U aangesig vir ons sondes en delg uit al ons ongeregtighede. Skep vir ons n rein hart, o God en gee opnuut in ons binneste n vaste Gees. Ons vra dit in die Naam van U Seun. Ons verlosser. Jesus.
Amen.