KOL 1:10 ..... sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, ....





Gebed 1

Gebed vir my Volk 1.

Liewe Vader, ons verootmoedig ons en bid, ons soek U aangesig en ons bekeer ons van ons verkeerde weg, hoor tog uit die hemel, vergewe ons sonde en genees ons land.
Vader dit is hier soos Sodom en Gomorra en in die dae van Noag deur ons sonde. Vergewe ons – skenk ons vergifnis – bevry ons van die gevangeniskap van satan, sy kinders, en die wat die lewe van die regverdige bestorm. Laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hulle booshied.
HERE, red ons! Herstel ons, O God van ons heil en maak tot niet U grimmigheid teen ons. Red ons van ons haters. Trek tog U grimmigheid terug en herstel ons. In toorn, dink aan ontferming.
Betree die aarde in grimmigheid en dors die nasies in toorn. Trek uit tot redding van U volk, tot redding van U gesalfde. Verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om U volk te verstrooi. Neem tog die ongeregtigheid van U volk weg en bedek ons sonde. Trek U grimmigheid terug en wend U af van die gloed van U toorn.
Maak ons weer lewend sodat U volk in U kan bly wees.
Ons vra dit in die naam van Jesus.
Hab 3. Sag 8:20-23, Joel 2:25-32, Ps 94:22-23, Ps 85