KOL 1:10 ..... sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, ....





Wie is Ek in Jesus

Ek is die HERE se Kind (John 1:12)
Ek is Jesus se vriend (John 15:15)
Ek is verenig met die HERE Cor. 6:17)
Ek is gekoop met n Prys(1 Cor. 6:19-20)
Ek is Heilig (eenkant geplaas vir die HERE). (Eph. 1:1)
Ek is n persoonlike getuie vir Jesus (Acts 1:8)
Ek is die sout en lig van die aarde (Matt.5:13-14)
Ek is n lidmaat van Jesus se gemeente(1 Cor 12:27)
Ek is vry vir ewig van veroordeling (Rom. 8: 1-2)
Ek is n burger van die Hemel (Phil.3:20)
EK is vry van enige aanklag teen my (Rom. 8:31-34)
Ek is n prediker van versoening met Christus (2 Cor.5:17-21)
Ek het toegang tot die Here deur die Heilige Gees (Eph. 2:18)
EK is opgewek en sit saam met Christus in die Hemel (Eph. 2:6)
Ek kan nie geskei word van die liefde van die Here (Rom.8:35-39)
Ek is verseker dat alles ten goede sal meewerk (Rom 8:28)
Ek is verkies and aangestel om vrug te dra (Joh 15:16)
Ek kan tot my Vader nader in Vryheid en Vrymoedigheid (Eff 3:12)
Ek kan alles doen deur Jesus wat my die krag gee (Fill 4:13)
Ek is n tak van die ware wynstok (Joh 15:1-5)
Ek is n tempel van God (1 Kor 3:16) en volkome in Jesus (Kol 2:10)
Ek is geregverdig (Rom 5:1)
Ek is n medewerker van God (1 Kor 3:9, 2 Kor 6:1)
Ek is verseker van die goeie werk wat die Here in my begin het (Fil 1:5)
Ek is losgekoop (Kol 1:14)
Ek is aangeneem as God se kind (Eff 1:5) Ek behoort aan Hom.

Jesus het na die wereld gekom in – Hy wat Gees is – het vlees geword sodat ons – wat in die vlees is –geestelik kan word.
God het Jesus vlees gemaak – identities soos wat ons was – maar sonder sonde.
God het ons geestelik opgewek om net soos Jesus te word – geregtigheid.